Statistiek

Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere waarnemings. Die doel van statistiek is om die beste inligting moontlik vanuit die data beskikbaar te maak en daarom reken baie outeurs dat statistiek 'n vertakking van besluitnemingsteorie is. Die data waarna hier verwys word, word normaalweg verkry deur waarnemings te maak van 'n deel (steekproef) van die geheel (universum) wat bestudeer word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search